Welkom by Kleuterzone Walmer

Elzet le Roux

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

“Children are not things to be molded but are people to be unfolded.” ~ Jess Lair
“Play is the beginning of knowledge.” ~ George Dorsey

My naam is Elzet le Roux, Hoof van Kleuterzone Walmer. Ek is getroud met ‘n liefdevolle man en het 3 pragtige kinders. Ek het ‘n BEd Graad en ek het al oor die 20 jaar ondervinding in die onderwys. Ek geniet nou nog elke kinderlaggie, die warm en overwagte drukkies en die oulike maar baie eerlike sê dingetjies. Onderwys is vir my ‘n passie.

By Kleuterzone Walmer streef ons saam as ‘n entoesiastiese span daarna om elke kleuter as ‘n individu te sien en elke kleuter se potensiaal ten volle te ontwikkel en te verwesenlik. Ons leerplan en onderrig word in beide Afrikaans en Engels aangebied.

Ons leeromgewing voldoen kreatief aan die spesifieke behoeftes van elke kind, terwyl alle kinders saamkom om speel-speel te leer. Ons koester uit-die-boks denksye en moedig verbeelding en kunstige denke aan. Ons leerprogram is vol Christlike waardes en ons streef daarna om ons kleuters te lei en te ontwikkel en om u kind toe te rus met basiese lewensvaardighede om hom/haar skoolgereed te kry. Ons bied beide uitdagings en ondersteuning aan ons kleintjies. Ons gee raad en inspireer ‘n liefde vir kennis, terwyl ons waardes soos hoflikheid, respek en individuele verantwoordelikheid bevorder. Ons streef vir spesiale onthou oomblikke, leer geleenthede en vreugde.

Ons leef ons Godgegewe opdrag met passie en liefde uit. Ons volg ons Hemelse Vader se voorbeeld en besef dat Hy die waardevolste materiaal, naamlik, die verstand van ‘n kind in ons hande geplaas het.

Voel asseblief vry om ons te kom besoek en ‘n toer van ons skooltjie te neem. My deur staan altyd oop vir u as ouer.

Hartlike groete,
Elzet le Roux
Hoof

Getuigskrifte

To whom it may concern As for me, Kleuterzone crèche is the best crèche I ever know. The teachings and the food, and they always make us aware of the changes. Thabang is able to name fruits and count more than 10. I really happy to have my granddaughter at your establishment. Kind regards
Nare Betha
Ouer
As ouer van n kleinding in Kleuterzone Polokwane, sal ek die dagsorg 100% aanbeveel vir enige ouer wat besorgd voel oor hulle kleinding. Die juffrouens is altyd beleefd en vreeslik goed met die kinders. Hulle is ook baie aktief met die kinders, veral in terme van opvoeding en roetiene. Hulle is netso besorgd soos n regte ouer en maak seker dat daar mooi gespeel en geleer word. As daar seer gekry word ontvang elke ouer n verslag van tyd, plek en hoe die ongeluk gebeur het. Definitief n puik dagsorg vir jou kleinding.
Elmarie Radmore
Ouer
I would recommend Kleuterzone Boksburg to anyone looking for a quality childcare center. The staff are friendly and accommodating and the center is very clean. Kleuterzone Boksburg is a great daycare! They are clean and great with the kids! They are great at communicating with you about your little one because they know how important it is. Kleuterzone Boksburg is not only a daycare but a place where your child can go every week and learn, have fun, and grow and play with their peers. Give them a try if you’re looking for a good place to take your little one, they offer tours to make sure it's right for you!
Sharné Strydom
Ouer